Plat Beteken Niks
Baie mammas het plat tepels en die outjies bly so al probeer jy hulle stimuleer. Jy dink seker dat jy nie dan kan borsvoed nie?
Kan ek jou 'n geheim vertel? Jy kan! Dit mag dalk net meer moeite wees aan die begin, maar borsvoed kan jy. Uiteraard word dit bors-voeding genoem en nie tepel-voeding nie.
Wat jy sal benodig:
'n Baba
Plat tepels
'n Bors
'n Hand
Geduld
Jy moet baba lekker naby hou. Gesiggie en lyfie na die bors/jou gedraai. Vat jou duim en wysvinger en hou die vel om jou tepel vas. Dit moet lekker beweeglik wees. Vryf baba se neusie met die tepel sodat jou baba die tepel ruik en mond oopmaak.
Hier is jou kans! Sodra daai mondjie "aa" sê dan vat jy jou tepel "or the lack thereof " en so gou soos nou druk jy die tepel se vel diep in die mondjie. Stoot die kaak af as dit is hoe jy die bors moet inkry.
Die volgende is belangrik: hou die vel vas sodat jou baba lekker greep het.
Sit terug en ontspan...maar bly dit vashou.
Dit mag dalk 'n tydjie vat. Dit mag dalk 'n paar voedings vat, maar moenie opgee nie. Aanhouers wen!
Het jy 'n interessante storie? Deel asseblief met my en ander mammas deur dit na hallo@einatieties.co.za te stuur.
Jou storie beteken meer as wat jy dink!
Tot volgende keer,
Die Millenial Mamma wat Millenial Afrikaans praat x