Die Riller

Share
Die Riller

COVID. Lockdown.

Mamma vir die eerste keer.

Alleen.

Pasgebore baba.

In die hospitaal het ek geweet iets is nie lekker nie. Borsvoeding was seer. Eina, pyn! Ek het dit toegeskryf aan 'n verkeerde 'latch'.

Elke dag het ek op my bank gesit met die ou pap lyfie in my arms. En elke keer wanneer hy begin huil het vir melk het my liggaam gevul met angs. Ek het net gedink aan die pyn. Ek sou die hele voeding deur op my tande byt en soms net skree.

As 'n borsvoedingskonsultant het ek geweet hoe om die 'latch' te korrigeer maar dit wou net nie regkom nie. Na so paar dae toe sien ek die arme outjie het 'n 'tongue-' en lip 'tie'. Ek het dadelik die tandarts wie sulke prosedures doen gekontak en gesmeek om hulp.

Baba was dag 10 en toe word die velletjies gesny. Onmiddelike verligting!

Toe kom die volgende probleem. Hy sukkel nou éérs om te 'latch' omdat sy tongetjie nou so los is dat hy van vooraf moet leer hoe om te suig. Dit het nog so paar dae gevat met mond oefeninge en toe word dit beter.

Van toe af het ons 'n fantastiese borsvoedingsreis gehad. Hy het gedrink tot op 21 maande. Hy hou nou nog van melk, al is dit van 'n koei...

Tot dan,

Die Millenial Mamma wie Millenial Afrikaans praat x


Mamma,

As jy enige pyn ervaar - vra vir hulp by iemand wie in die veld werk, 'n borsvoedingskonsultant. Dit sal jou en jou borsvoedingsreis red. Soms is dit 'n klein iets wat gemis word, wat die wêreldse verskil sal maak.

South African Certified Lactation Consultants
Join the South African Certified Lactation Course, a post-graduate program for Registered Nurses, Midwives, and other Health Practitioners. This course provides a high National Standard Qualification for Lactation Consultants in South Africa, addressing the gap in breastfeeding education among healthcare providers and ensuring mothers receive consistent, expert advice to support successful breastfeeding.