Hoe my Studies my Voorberei Het
Hallo Mammas,
Ek is iemand wie eers wil sien hoe ander mense 'n ding doen voordat ek dit sal doen. Dit was so met kinders kry.
Ek het Dieetkunde geswot en met dit moet jy 'n gemeenskapsjaar doen. Myne was tydens Covid...
Ek het in daai jaar besluit om my studies verder te vat en 'n borsvoedingskonsultant te word. Ek het toe my prakties kon doen in die kraamsaal.
Wat 'n ervaring. Ek dink ek het altesaam meer as 1L kolostrum in daai tyd mamma's gehelp uitmelk. Ek het borste gesien wat seker 2 kg elke weeg, tepels wat 2 cm lank is wat die arme babatjie laat "gag" het, 30 minute gevat het om 1 ml kolostrum te help uitmelk het en nog meer.
Met dit alles en die studies het dit my gemaklik laat voel oor om swangervte word en te borsvoed.
Einde van daai jaar het ek toe swanger geraak. Ek het nie verwag dit wat met my sou gebeur nie...
Volgende week vertel ek my riller van 'n reis met my eersteling.
Tot dan,
Die Millenial Mamma wie Millenial Afrikaans praat x